Hij blijft leuk!
http://www.paarlpost.com/cgib/article?newsid=11305Brandstigting vermoed
2008-05-15
Lise Beyers
DIE polisie is op soek na brandstigters, nadat ’n huis in sentraal Paarl deur ’n brand byna in puin gelê is.
Die brand het Woensdagaand in ’n huis op die hoek van Bo-Auret- en Falaisestraat uitgebreek.
’n Inwoner van Bo-Auretstraat het vertel dat hy in die straat was toe hy glas hoor breek het.
“Ek het eers gedink dat daar by ’n huis ingebreek word. Ek het nader gestap na waar die geluide vandaan gekom het, en skielik het vlamme by die venster verskyn.”
Intussen het ’n paraat brandweerman vanuit die brandweertoring langs die Bergrivier Boulevard die vlamme teen die hange van Paarlberg gesien.
Nog voordat die noodoproep die brandweerstasie bereik het, was die waens reeds op pad.
Die eienaar van die huis, bekende sakeman Piet Olivier, was ten tyde van die voorval saam met sy vrou met vakansie in Plettenbergbaai.
Met hul aankoms terug in die Paarl, het hulle die skade van die brand gesien wat der duisende rande beloop.
“Die sitkamer en eetkamer is heeltemal in puin gelê, sowel as ’n groot gedeelte van die dak en plafonne. Ander vertrekke in die huis is deurtrek van rook- en waterskade.”
Olivier kan nie sien dat die huis voor Kersfees vanjaar herstel gaan wees nie.
Weens die aard van die ontstaan van die brand, is forensiese deskundiges ingeroep om die oorsaak daarvan vas te stel.
Die gebied om die woning wat tot die berg lei, is ook deur polisiebeamptes gefynkam, en daar is op vuurhoutjies en ’n pakkie vuuraanstekers afgekom.
Olivier het gesê dat bosslapers dikwels in dié gebied doenig is.
Die polisie stel verdere ondersoek in na die voorval.
* The police are investigating a case of arson, after a well-known businessman’s house was set alight.